Copyright © EasyDriveWC All rights reserved
WebMaster
"Just imagine taking to the road without assistance from anybody!"
Satisfied Clients

Tuesday, April 07, 2009 8:24 AM

Thanks Johan

Recieved the car yesterday amd transfered the balance last night. AWESOME!! Love the steering height and thinner accelerator ring.

Thanks so much.

Warwick

Mar 14 2009 05:57:29:500PM

Julian Jansen


Vyf maande nadat albei sy bene afgesit is, is die onblusbare dr. Francois Coetzee letterlik weer op die been. Hy stap reeds sowat 500 m per dag sonder krukke en rits graag in sy aangepaste Volkswagen-mikrobus rond.


Vyf maande nadat albei sy bene afgesit is, is die onblusbare dr. Francois Coetzee letterlik weer op die been.

Hy stap reeds sowat 500 m per dag sonder krukke en rits graag in sy aangepaste Volkswagen-mikrobus rond.

Die Swartlandse algemene praktisyn was in Oktober verlede jaar in 'n fietsongeluk. Coetzee (34) en twee kollegas het op hul bergfietse gery toe sy een voet aan die pedaal vashaak en hy onder die wiel van 'n verbygaande vragmotor beland het.

Sy regterbeen is bokant die knie en sy linkerbeen onderkant die knie afgesit.

Coetzee het reeds sy spesiale rybewys verwerf en sy regterbeen, wat "lekker sterk trap", verskaf hom "groot plesier".

Die geloof van die dapper dokter het die land aangegryp en hulp om sy groot mediese uitgawes te dek, het ingestroom.

"Vriende, familie en selfs wildvreemdes het ons deurgedra deur 'n baie stormagtige tyd in ons lewe."

Mev. Annette Vermeulen, ma van die sepiester Jaco Vermeulen (Marius Schoeman in kyk-NET se Villa Rosa), het kaartjies van haar leerlinge by die Laerskool Horison in Roodepoort, Gauteng, aangestuur. Dié gebaar, sê Coetzee, bring steeds trane in sy oë.

Me. Rika Venter, direkteur van 'n kunsgalery op George, het 'n olieverfskildery van hospitaal-skale aangestuur om hom tydens sy herstel "aan te moedig".

Die Vriende vir Francois-fonds, wat net ná die ongeluk deur die superintendent van die Swartland-hospitaal op Malmesbury, dr. Anita Jacobs, gestig is, het sowat R100 000 met 'n SMS-veldtog ingesamel.

Prosthetic Suppliers het materiaal ter waarde van R30 000 vir 'n kunsbeen geskenk. 'n Ortotis, mnr. Jan Brand, het sowat R70 000 se werk gedoen om sy twee kunsbene te maak.

Aan sy regterbeen, sê Coetzee, is 'n "geleende" elektriese knie. "Dit behoort aan 'n vrou wat dit nie tans gebruik nie."

Hy onderhandel met sy mediese fonds vir 'n nuwe knie.

Sy kunsvoete is van koolstofvesel en het "so 'n boog in die voetbrug, vir 'n lekker hop in die stap".

Weldoeners het 'n elektroniese garagedeur by sy huis aangebring, 'n oefenapparaat geskenk om sy arms sterker te maak en 'n hyser vir sy bad gebou.

Coetzee het weer begin werk by die Swartland-hospitaal. Hy hoop om binnekort 'n volle dag te kan werk.

"Ek kan nog nie lank staan nie. Ek wil weer keisersneë en neonatale sorg doen en skofte van agtuur soggens tot tweeuur die volgende oggend aanpak."

Coetzee vertel laggend hoe sy "twee bulle", Joshua (3) en David (20 maande), sy rolstoel wil rondstoot.

Sy vrou, Louise, is 'n hokkie-afrigter en bied Pilates-klasse aan. Hulle wil binnekort uitreik na families wat na gestremde mense omsien.

Coetzee is die seun van prof. Johan Coetzee, 'n afgetrede narkotiseur, en die illustreerder Cora Coetzee.

Sent: Monday, June 09, 2008 5:56 PM

To Johan Cillie 'EASYDRIVE'

I'm so grateful for 'Delish'

l'm a quad residing in Cape Town and recently had my car converted by Johan Cillie who greatly helped me become more independent.
The conversion consists of push for breaks and pull to accelerate, and this is on my left.
The steering wheel has a velcro disc with a velcro glove which fits on my right hand to assist steering which allows me to be able to release my grip from the steering wheel in order to change my gears, which are situated to the right of my steering wheel as well as my egnition.

 This endeaver has been a painful one for me, as l have searched for someone as skilled as Johan in vein.

Finally he came into my path.

I am grateful to Johan for having the knowledge to be able to assist me with my driving, as l had given up the will to drive my 'Delish'

Thank you Johan for giving me the freedom to drive 'Delish'

All faith in you

Licia Roberto
'Delish'

EasyDriveWC
Tel: 27 [0]21 851 9592
Fax: 086 605 7394
Cell: 082 452 4639
Skype: Johan.Cillie

Product Range
Making Driving Safer For You
"Freedom to Drive and Explore the Roads"

Home     About Us     Product Range     Mobility Show     Links     Contact Us